Oberliga

Oberliga
2020–21
Sportsoort Sokker
Eienaar Duitse sokkerbond
Deelnemende lande Vlag van Duitsland Duitsland
Aantal spanne 14
Verwante kompetisies Regionalliga
Landesliga
Verbandsliga

Die Oberliga is tans die vyfde hoogste vlak van sokker in die Duitse ligastruktuur.

In Oos-Duitsland was "Oberliga" ook die benaming van die hoogste liga en daar word algemeen na hierdie liga verwys as die DDR-Oberliga. Die DDR-Oberliga het verdwyn nadat Duitse sokker verenig is na die eenwording van Duitsland (kyk Duitse sokkerkampioen).

Tans is daar 7 oberligas wat elk 'n aantal verbande op 'n geografiese basis bedien. Die wenner van elke oberliga word gepromoveer na die toepaslike Regionalliga (onderhewig aan die verkryging van 'n lisensie). Die enigste uitsondering is die verbande (streeksbonde) wat vroeër na die Oberliga Noord gepromoveer het. Die wenners van die hierdie oberligas (Neder-Sakse Wes; Neder-Sakse Oos; Hamburg; Bremen; Sleeswyk-Holstein) speel aan die einde van die seisoen 'n reeks uitspeelwedstryde om te bepaal wie promoveer. Spanne aan die onderpunt van die oberligas word weer gerelegeer na die toepaslike verbandsliga (soms het 'n verband se hoogste vlak die benaming Landesliga), terwyl die verbandskampioene promosie na die oberliga kan verkry. Net soos by die ander hoër ligas van Duitsland, moet 'n klub ook om 'n oberligalisensie aansoek doen.

Die geografiese verspreiding van die Duitse Oberligas

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy