Objektieflens

Verskeie objektieflense van ’n mikroskoop.

’n Objektief of objektieflens is in optika die element wat lig vergader van die voorwerp waarna gekyk word en die ligstrale fokus om ’n beeld te skep. Dit kan lense of spieëls wees, of ’n verskeidenheid van verskillende optiese elemente. Dit word gebruik in mikroskope, teleskope, kameras, skyfieprojektors, CD-spelers en baie ander optiese instrumente.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy