Odonata

Odonata
Tydperk: 252–0 m. jaar gelede
Trias – Onlangs[1]
'n Blougroen mosaïek naaldekoker (Aeshna cyanea) in vlug
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Klas: Insecta
(geen rang): Holodonata
Orde: Odonata
Fabricius, 1793
Subordes

Epiprocta (naaldekokers)
Zygoptera (waterjuffers)

Odonata is 'n orde van vleisetende insekte, waaraan die naaldekokers (Epiprocta) en waterjuffers (Zygoptera) behoort.[2] Naaldekokers en waterjuffers, net soos kakkerlakke, is van die oudste soort insekte op aarde. In prehistoriese tye was Odonata so groot soos valke. Odonata fossiele wat in Kansas, Siberië, en baie ander dele van die wêreld ontdek is, wys dat hulle 'n vlerkspan van ongeveer 76 cm gehad het, dus was hulle die grootste insekte wat ooit bestaan het.[3]

  1. Hoell, H.V., Doyen, J.T. & Purcell, A.H. (1998). Introduction to Insect Biology and Diversity, 2nd ed. Oxford University Press. p. 320. ISBN 0-19-510033-6.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. "University of California Museum of Paleontology: Introduction to the Odonata" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2020. Besoek op 24 April 2016.
  3. "Discover Life: Odonata" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2019. Besoek op 24 April 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy