Olimpiese Stadion (Londen)

Olimpiese Stadion
Lugfoto van die stadion in April 2012

Bynaam Londen-stadion
Ligging Stratford, Londen
Koördinate 51°32′19″N 0°00′59″W / 51.53861°N 0.01639°W / 51.53861; -0.01639
Eienaar Greater London Authority
Operateur London Legacy Development Corporation (LLDC)
Kapasiteit 80 000
Oppervlak Baan en veld (gras)
Konstruksie
Eerste sooi gespit 2007
Gebou 2008–2011
Geopen 2011
Renovasie 2013–2016
Boukoste £486 miljoen[1]
Argitek Peter Cook en Populous
Struktuuring. Buro Happold
Dienste-ing. Buro Happold
Alg. kontrakteur Sir Robert McAlpine, Balfour Beatty (omskakeling)
Hoofkontrakteurs Sir Robert McAlpine Ltd
Huurders
Olimpiese Somerspele 2012
Paralimpiese Somerspele 2012
Rugbywêreldbeker 2015
British Athletics (2015–)
West Ham United (2016–)
Wêreld Atletiek-kampioenskappe van 2017

Londen se Olimpiese Stadion, ook bekend as Londen-stadion, is in die Queen Elizabeth Olympic Park in Stratford, Londen, in die Verenigde Koninkryk geleë. Die stadion is ontwerp om die middelpunt van die 2012-Olimpiese Somerspele en die daaropvolgende 2012-Paralimpiese Somerspele te wees. Die opening- en sluitingseremonies, sowel as sekere atletiek-items is hier aangebied. Die stadion het 'n kapasiteit van 80 000 wat dit die derde grootste stadion in die Verenigde Koninkryk maak (na Wembley-stadion en Twickenham-stadion). Die stadion het as gasheer vir verskeie Rugbywêreldbeker 2015-wedstryde gedien en het ook die Wêreldatletiekkampioenskappe van 2017 gehuisves.

  1. "London 2012 Olympic stadium athletics track completed". BBC (in Engels). 3 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy