Die Olimpiese Winterspele 1928 (Duits: Olympische Winterspiele 1928, Frans: Les IIes Jeux olympiques d'hiver, Italiaans: II Giochi olimpici invernali, Romansch: Gieus olimpics d'enviern 1928), amptelik bekend as die IIde Olimpiese Winterspele, is tussen 11 en 19 Februarie 1928 in St. Moritz, Switserland, aangebied.[2] Dit was die eerste Winterspele wat nie in dieselfde land as die Somerspele gehou was nie. Die Olimpiese Somerspele 1928 is in Amsterdam, Nederland, aangebied.