Optel en aftrek

In Wiskunde, beteken om op te tel om bymekaar te tel of te reken, terwyl aftrek beteken om te verminder.

  • Optelling en aftrekking is inverse (omgekeerde) bewerkings. Dit beteken wat jy met aftrekking doen, kan jy met optelling ongedaan maak.

Voorbeeld: 10 – 3 = 7 kan ongedaan gemaak word deur te sê 7 + 3 = 10.

  • Wat jy met optelling doen kan jy met aftrekking ongedaan maak.

Voorbeeld: 7 + 3 = 10 kan ongedaan gemaak word deur te sê 10 – 3 = 7.

  • As ons weet wat die som van twee getalle is, kan ons ook ’n getalsin oor aftrekking maak.

Voorbeeld: As 3 214 + 455 = 3 669, dan is 3 669 – 3 214 = 455 en 3 669 – 455 = 3 214.

  • Die verskil tussen twee getalle is die hoeveelheid wat oorbly nadat jy een getal van ’n ander getal afgetrek het. Die som is die hoeveelheid nadat jy twee of meer getalle bymekaargetel het.
  • ’n Getal kan in sy plekwaardedele ontbind word.

Voorbeeld: 4 503 bestaan uit 4 duisende, 5 honderde en 3 ene. 4 503 = 4 000 + 500 + 3

  • Elke deel van ’n getal word ’n syfer genoem.

Voorbeeld: die syfers van 4 503 is 4, 5, 0 en 3.

  • Wanneer jy groot getalle optel of aftrek, is dit nuttig om die getalle eers in hulle plekwaardedele te ontbind. Gebruik aftrekking om optelling te kontroleer, en optelling om aftrekking te kontroleer.
  • Wanneer desimale opgetel of afgetrek word, is dit nuttig om die getalle onder mekaar te skryf sodat die desimale kommas onder mekaar is. Die antwoord sal dieselfde aantal syfers ná die desimale komma hê as die getalle waarmee jy die berekening doen.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy