Orania Verteenwoordigende Raad

Orania Verteenwoordigende Raad
Kaart van Suid-Afrika wat Orania Verteenwoordigende Raad in Noord-Kaap aandui
Provinsie Noord-Kaap
Distriksmunisipaliteit Pixley ka Seme
Tipe Verteenwoordigende Raad
Munisipale kode 304 02013[1]
Burgemeester Carel Boshoff IV
Hoofstad Orania
Grootste tale Afrikaans
Area km²  
Bevolking

Die Orania Verteenwoordigende Raad is die plaaslike munisipale verteenwoordigende raad in die Noord-Kaap wat die Afrikaner-dorp Orania in die Pixley ka Seme Distriksmunisipaliteit bestuur. Tydens die implementering van 'n nuwe munisipale stelsel in Suid-Afrika in 2000 was die Orania Verteenwoordigende Raad die enigste verteenwoordigde raad wat nie afgeskaf is nie.[2] Daarom is die Orania Verteenwoordigende Raad die enigste munisipale liggaam wat nog steeds gebruik maak van die ou (pre-2000) munisipale struktuur, gebaseer op die Oorgangswet op Plaaslike Regering van 1993.

Naas die munisipale pligte, is die belangrikste taak van die Orania Verteenwoordigende Raad om die inwoners van Orania in die voortgesette onderhandelinge met die Kabinet van Suid-Afrika oor die (munisipale) status van Orania te verteenwoordig.

  1. TLC and TRC code list, Statistieke Suid-Afrika, Retrieved 9 June 2017.
  2. Mufamadi meets Orania representatives, News24, 12 Maart 2001.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy