Oriana Fallaci

Oriana Fallaci
Fallaci in Teheran (1979)
Gebore29 Junie 1929
Sterf15 September 2006 (op 77)
Florence, Italië
NasionaliteitVlag van Italië Italië
BeroepJoernalis, skrywer en politieke onderhoudvoerder
Ouer(s)Edoardo Fallaci (vader)

Oriana Fallaci (29 Junie 192915 September 2006 in Florence) was 'n Italiaanse joernalis en skrywer, wat onder meer deur haar onderhoude met internasionale politieke figure en ander prominente figure bekendheid verwerf het. Oriana Fallaci was tydens die Tweede Wêreldoorlog 'n aktiewe lid van Giustizia e Libertà ("Geregtigheid en Vryheid"), 'n anti-Fascistiese weerstandsbeweging, en het ná haar aftrede 'n aantal kritiese artikels en boeke oor Islam en die Arabiese kultuur gepubliseer.

Politieke figure, wat sy vir haar onderhoude ontmoet het, sluit onder meer Henry Kissinger, die Sjah van Iran, Ajatollah Khomeini, Lech Wałęsa, Willy Brandt, Zulfikar Ali Bhutto, Walter Cronkite, Omar Khadafi, Federico Fellini, Sammy Davis Jr, Deng Xiaoping, Nguyen Cao Ky, Yasir Arafat, Indira Gandhi, Alexandros Panagoulis, Aartsbiskop Myriarthes Makarios, Golda Meir, Nguyen Van Thieu, Haile Selassie en Sean Connery in.

Oriana Fallaci het tydens die laaste jare van haar lewe in New York gebly, waar sy ook die stryd teen borskanker gevoer het. Ná haar terugkeer na Italië is sy in die nag tussen 14 en 15 September 2006 in 'n hospitaal van haar geboortestad Florence oorlede.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy