Orjol-oblast

Orjol-oblast
Орловская область
Die ligging van Orjol-oblast in Rusland.
Die ligging van Orjol-oblast in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrik Sentrale
Ekonomiese streek Sentrale
Stigting 27 September 1937
Regering
Hoofstad Orjol
Leier Andrei Klychkof
Amp Goewerneur
Wetgewer Oblast-raad van Volksafgevaardigdes
Bevolking
Sensus 2019
Totaal 739 467
Volgorde 64ste
Digtheid 30,0/km²
Stedelik 67,47%
Plattelands 32,53%
Statistiek
Oppervlakte 24 652 km²
Volgorde 71ste
Tydsone UTC+03:00
Registrasienommer  57
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://www.adm.orel.ru/
Wapen en vlag

Portaal  Portaalicoon   Rusland

Orjol-oblast (Russies: Орло́вская о́бласть, Orlofskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Sentrale Federale Distrik en die hoofstad is Orjol. Die oblast grens aan Kaloega- en Toela-oblast in die noorde, Brjansk-oblast in die weste, Koersk-oblast in die suide en Lipetsk-oblast in die ooste. Van noord na suid is dit sowat 150 km lank en van oos na wes 200 km. Dit is een van die kleinste Russiese streke (24 652 km², met ’n bevolking van sowat 860 000).[1]

Orjol-oblast het in 1937 ontstaan uit drie ander oblaste: Koersk, Wes en Woronezj.

  1. "Orel Region" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2011. Besoek op 29 November 2006.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy