Ortodokse Kerk in Amerika

Ortodokse Kerk in Amerika
Die St. Nicholas-katedraal in Washington, D.C.
Die St. Nicholas-katedraal in Washington, D.C.
Moederkerk Russies-Ortodokse Kerk
Stigtingsjaar 1970 (outokefalie)
Status Word net deur sommige Ortodokse kerke as outokefaal beskou
Kerkleiding
Hoof Tikhon (Mollard)
Hoof se titel Aartsbiskop van Washington, Metropoliet van die Hele Amerika en Kanada
Setel Syosset, New York
Besonderhede
Liturgie Bisantyns
Liturgiese taal   Engels, Kerkslawies, Spaans
Gelowiges 84 900 (in VSA)
Webtuiste
http://www.oca.org

Die Ortodokse Kerk in Amerika is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk in Noord-Amerika wat in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke is, hoewel nie almal sy outokefalie aanvaar nie. Die primaat van die kerk het die titel Aartsbiskop van Washington, Metropoliet van die Hele Amerika en Kanada. Die Kerk se hoofkantoor is in Syosset, New York, en bestaan uit meer as 700 gemeentes, sendings, gemeenskappe en kloosters hoofsaaklik in die VSA en Kanada, met bykomende gemeentes en sendings in Meksiko en Australië. Skattings van die aantale lidmate wissel tussen 27 169 en 1 064 000.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy