Palwisselratstelsel

'n Palwisselratstelsel is 'n ratstelsel waar die ratverhoudings reëlmatig tussen die laagste en hoogste verhouding verwissel kan word in teenstelling met tradisionele ratstelsels waar dié verandering stapsgewyse vermag word. Die buigsaamheid van 'n palwisselratstelsel maak dit moontlik om 'n konstante hoeksnelheid in die dryfas te handhaaf oor 'n reek afvoersnelhede. Dit kan beter brandstofdoeltreffendheid tot gevolg hê as met ander stelsels en ook die enjin toelaat om by meer doeltreffende toere te bedryf vir 'n reeks voertuigsnelhede.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy