Paralimpiese Somerspele 1980

VIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 1980

Gehou in Arnhem, Nederland
Deelnemende lande 42
Deelnemende atlete 1 647 (1 218 mans, 423 vroue)
Items 590 in 13 sporte
Openingseremonie 22 Junie 1980
Sluitingseremonie 1 Julie 1980
Amptelik geopen deur Prinses Margriet
Atlete-eed (sedert 2012)
Beampte-eed (sedert 2008)
Olimpiese vlam (sedert 1992)
Vorige Spele 1976: Toronto (Kanada)
Volgende Spele 1984: Stoke Mandeville (VK)
1984: New York (VSA)

Die Paralimpiese Somerspele 1980 (Nederlands: Paralympische Zomerspelen 1980), destyds bekend as die Olimpiese Spele vir Gestremdes, is tussen 22 Junie en 1 Julie 1980 in Arnhem, Nederland, aangebied. Tydens die geleentheid het 1 647 atlete uit 42 nasies aan 590 items in 13 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]

Dit was die sesde Paralimpiese Spele wat aangebied is en die bedoeling was dat die spele, net soos die Olimpiese Somerspele 1980, die jaar in Moskou (Sowjetunie) gehou sou word. Maar die Sowjetse regering het geweier om hierdie Spele te hou.[2] Die International Stoke Mandeville Games Federation (ISMGF) het die Spele aan Nederland gegee. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.

Suid-Afrika kon nie aan die Spele deelneem nie omdat hulle weens die apartheidstelsel geskors is. Hulle kon eers 12 jaar later aan die Paralimpiese Somerspele van 1992 deelneem.

  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.
  2. (en) "Russia's journey from "no invalids" to Paralympic champions". Rbth.com. 14 November 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2020. Besoek op 22 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy