Paralimpiese Somerspele 1988

VIIIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 1988

Gehou in Seoel, Suid-Korea
Deelnemende lande 60
Deelnemende atlete 3 044 (2 372 mans, 672 vroue)
Items 733 in 18 sporte
Openingseremonie 16 Oktober 1988
Sluitingseremonie 25 Oktober 1988
Amptelik geopen deur President Roh Tae-woo
Atlete-eed (sedert 2012)
Beampte-eed (sedert 2008)
Olimpiese vlam (sedert 1992)
Vorige Spele 1984: Stoke Mandeville (VK)
1984: New York (VSA)
Volgende Spele 1992: Barcelona (Spanje)
1992: Madrid (Spanje)

Die Paralimpiese Somerspele 1988 (Koreaans: hangoel: 서울 하계 패럴림픽; hanja: 서울 夏季 패럴림픽; Seoul Hagye Paeleollimpik) is tussen 16 en 25 Oktober 1988 in Seoel, Suid-Korea, aangebied. Tydens die geleentheid het 3 044 atlete uit 60 nasies aan 733 items in 18 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]

Dit was die agste Paralimpiese Somerspele wat aangebied is en die eerste Spele wat amptelik as "Paralimpiese Spele" bekend gestaan het, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is. Dit was ook die eerste Paralimpiese Spele sedert die Spele van 1964 wat by dieselfde plek aangebied is as die Olimpiese Somerspele.

Dit was die laaste Spele waar Suid-Afrika weens sy Apartheidsbeleid nie kon deelneem nie.

Die Olimpiese Somerspele 1988 is tussen 17 September en 2 Oktober in Seoel gehou. Die Paralimpiese Winterspele 1988 is in Innsbruck, Oostenryk, aangebied.

  1. "IPC Historical Results Archive" (in Engels). Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy