VIIIe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Somerspele 1988 (Koreaans: hangoel: 서울 하계 패럴림픽; hanja: 서울 夏季 패럴림픽; Seoul Hagye Paeleollimpik) is tussen 16 en 25 Oktober 1988 in Seoel, Suid-Korea, aangebied. Tydens die geleentheid het 3 044 atlete uit 60 nasies aan 733 items in 18 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]
Dit was die agste Paralimpiese Somerspele wat aangebied is en die eerste Spele wat amptelik as "Paralimpiese Spele" bekend gestaan het, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is. Dit was ook die eerste Paralimpiese Spele sedert die Spele van 1964 wat by dieselfde plek aangebied is as die Olimpiese Somerspele.
Dit was die laaste Spele waar Suid-Afrika weens sy Apartheidsbeleid nie kon deelneem nie.
Die Olimpiese Somerspele 1988 is tussen 17 September en 2 Oktober in Seoel gehou. Die Paralimpiese Winterspele 1988 is in Innsbruck, Oostenryk, aangebied.