Paralimpiese Somerspele 2000

XIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 2000

Gehou in Sydney, Australië
Deelnemende lande 123
Deelnemende atlete 3 879 (2 890 mans, 989 vroue)
Items 550 in 20 sporte
Openingseremonie 18 Oktober 2000
Sluitingseremonie 29 Oktober 2000
Amptelik geopen deur Goewerneur-generaal William Deane
Atlete-eed (sedert 2012)
Beampte-eed (sedert 2008)
Olimpiese vlam Louise Sauvage
Vorige Spele 1996: Atlanta (VSA)
Volgende Spele 2004: Athene (Griekeland)

Die Paralimpiese Somerspele 2000 (Engels: 2000 Summer Paralympics) is tussen 18 en 29 Oktober 2000 in Sydney, Australië, aangebied. Tydens die geleentheid het 3 879 atlete uit 104 nasies aan 550 items in 19 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die elfde Paralimpiese Somerspele wat aangebied is en die eerste in die Suidelike Halfrond.

Die Suid-Afrikaanse span behaal 'n dertiende plek met 38 medaljes (dertien goud, twaalf silwer en dertien brons) en verbeter agt wêreldrekords.

Die Olimpiese Somerspele 2000 is tussen 15 September en 1 Oktober in Sydney gehou.

  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy