Paralimpiese Winterspele 1980

IIe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 1980

Gehou in Geilo, Noorweë
Deelnemende lande 18
Deelnemende atlete 299 (229 mans, 70 vroue)
Items 63 in 3 sporte
Openingseremonie 1 Februarie 1980
Sluitingseremonie 7 Februarie 1980
Amptelik geopen deur Koning Olav V
Atlete-eed (sedert 1992)
Beampte-eed
Olimpiese vlam (sedert 1992)
Vorige Spele 1976: Örnsköldsvik (Swede)
Volgende Spele 1984: Innsbruck (Oostenryk)

Die Paralimpiese Winterspele 1980 (Noors: Paralympiske vinterleker 1980), destyds bekend as die 2de Olimpiese Winterspele vir Gestremdes, is tussen 1 en 7 Februarie 1980 in Geilo, Noorweë, aangebied. Tydens die geleentheid het 199 atlete uit 18 nasies aan 63 items in 3 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]

Dit was die tweede Paralimpiese Winterspele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.

Die Olimpiese Winterspele 1980 is tussen 13 en 24 Februarie in Lake Placid, Verenigde State, gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1980 is in Arnhem, Nederland, aangebied.

  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2018. Besoek op 23 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy