Paralimpiese Winterspele 1984

IIIe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 1984

Gehou in Innsbruck, Oostenryk
Deelnemende lande 21
Deelnemende atlete 419 (325 mans, 94 vroue)
Items 107 in 3 sporte
Openingseremonie 14 Januarie 1984
Sluitingseremonie 20 Januarie 1984
Amptelik geopen deur President Rudolf Kirchschläger
Atlete-eed (sedert 1992)
Beampte-eed
Olimpiese vlam (sedert 1992)
Vorige Spele 1980: Geilo (Noorweë)
Volgende Spele 1988: Innsbruck (Oostenryk)

Die Paralimpiese Winterspele 1984 (Duits: Paralympische Winterspiele 1984), destyds bekend as die 3de Olimpiese Winterspele vir Gestremdes, is tussen 14 en 20 Januarie 1984 in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Tydens die geleentheid het 419 atlete uit 21 nasies aan 107 items in 3 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]

Dit was die derde Paralimpiese Winterspele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.

Die Olimpiese Winterspele 1984 is tussen 8 en 19 Februarie in Sarajevo, Joego-Slawië, gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1984 vir atlete met breinverlamming, gesigsgestremde atlete, atlete met amputasies en les autres is tussen 17 en 30 Junie in New York Stad, Verenigde State, aangebied, terwyl dié vir rolstoelatlete tussen 22 Julie en 1 Augustus in Stoke Mandeville, Verenigde Koninkryk, aangebied is.

  1. "IPC Historical Results Archive" (in Engels). Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2018. Besoek op 23 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy