Paralimpiese Winterspele 1988

IVe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 1988

Gehou in Innsbruck, Oostenryk
Deelnemende lande 22
Deelnemende atlete 377 (300 mans, 77 vroue)
Items 97 in 4 sporte
Openingseremonie 17 Januarie 1988
Sluitingseremonie 24 Januarie 1988
Amptelik geopen deur President Kurt Waldheim
Atlete-eed (sedert 1992)
Beampte-eed
Olimpiese vlam (sedert 1992)
Vorige Spele 1984: Innsbruck (Oostenryk)
Volgende Spele 1992: Tignes (Frankryk)

Die Paralimpiese Winterspele 1988 (Duits: Paralympische Winterspiele 1988) is tussen 17 en 24 Januarie 1988 in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Tydens die geleentheid het 377 atlete uit 22 nasies aan 97 items in 4 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]

Dit was die vierde Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en die eerste Spele wat amptelik as "Paralimpiese Spele" bekend gestaan het, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is. Hierdie was die laaste keer dat die Paralimpiese Winterpele nie op dieselfde plek as die Olimpiese Winterspele gehou is nie.

Die Olimpiese Winterspele 1988 is tussen 13 en 28 Februarie in Calgary, Kanada, gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1988 is in Seoel, Suid-Korea, aangebied.

  1. "IPC Historical Results Archive" (in Engels). Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2018. Besoek op 23 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy