Paralimpiese Winterspele 2010

Xe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 2010

Gehou in Vancouver, Kanada
Deelnemende lande 44
Deelnemende atlete 502 (381 mans, 121 vroue)
Items 64 in 5 sporte
Openingseremonie 12 Maart 2010
Sluitingseremonie 21 Maart 2010
Amptelik geopen deur Goewerneur-Generaal Michaëlle Jean
Atlete-eed Hervé Lord
Beampte-eed Linda Kirton
Olimpiese vlam Zach Beaumont
Vorige Spele 2006: Turyn (Italië)
Volgende Spele 2014: Sotsji (Rusland)

Die Paralimpiese Winterspele 2010 (Engels: 2010 Winter Paralympics, Frans: Les Xes Jeux paralympiques d'hiver) is tussen 12 en 21 Maart 2010 in Vancouver, Kanada, aangebied. Enkele van die items is in die nabygeleë Whistler gehou. Dit was die tiende Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en die tweede keer dat Paralimpiese Spele in Kanada beslis is. 'n Rekord van 44 lande het hieraan deelgeneem.[1]

Die Olimpiese Winterspele 2010 is tussen 12 en 28 Februarie in Vancouver gehou.

  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2018. Besoek op 23 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy