Paring

Parende koningpikkewyne.
Twee leeus wat paar.

Met paring of kopulasie word bedoel geslagsgemeenskap tussen diere. By soogdiere druk die mannetjie sy penis in die skede van die wyfie.

Sommige diersoorte het geen penis nie. By voëls word die kloaak van albei geslagte teen mekaar gedruk en word die mannetjie se sperma in die wyfie gestort. Spinnekoppe gebruik hulle tasorgane om hulle sperma in die wyfie se geslagsopening te kry. Paring by die meeste visse word ook kuitskieting genoem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy