Patats

Patats
Blom
Knolagtige wortels
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
I. batatas
Binomiale naam
Ipomoea batatas

Die patat (Ipomoea batatas) is 'n dikotiele plant wat behoort tot die familie Convolvulaceae. Dit is 'n groot bron van stysel met 'n soet smaak, die knolagtige wortels is 'n wortelgroente.[1][2] Die jong blare en lote word soms geëet as groenigheid. Van die sowat 50 genera en meer as 1 000 spesies van Convolvulaceae, is I. batatas die enigste gewas van groot belang - 'n paar ander word plaaslik gebruik, maar heelparty is eintlik giftig. Patats is net verlangs verwant aan die aartappel (Solanum tuberosum) en behoort nie aan die nastergalfamilie (Solanaceae) nie.

Die genus Ipomoea van die patat bevat ook verskeie tuinblomme genaamd "morning glories", alhoewel die term gewoonlik nie uitgebrei word na Ipomoea batatas nie. Sommige kultivars van I. batatas word as ornamentele plante gekweek.

Die plant is 'n meerjarige kruidagtige wingerdstok, met alternatiewe hartvormige of handvormige gelobde blare en mediumgrootte blomme. Die eetbare knolagtige wortel is lank en spits, met 'n gladde skil waarvan die kleur wissel tussen geel, oranje, rooi, bruin, pers en beige. Die vlees wissel van beige tot wit, rooi, pienk, geel, oranje en pers. Patatrasse met wit of liggeel vlees is minder soet en klam as diegene met rooi, pienk of oranje vlees. [3]

Patatkoek van Réunion
  1. Purseglove, 1991
  2. Woolfe, 1992
  3. Loeb, 2009

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by razib.in