Patricia de Lille

Patricia de Lille
Patricia de Lille
Patricia de Lille in 2011

Minister van openbare werke en infrastruktuur
Ampsbekleër
Termynaanvang
30 Mei 2019
Vise Noxolo Kiviet
President Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Nuwe amp

33ste Burgemeester van Kaapstad
Ampstermyn
1 Junie 2011 – 31 Oktober 2018
Voorafgegaan deur Dan Plato
Opgevolg deur Dan Plato

Wes-Kaapse Provinsiale Minister van Sosiale Ontwikkeling
Ampstermyn
22 September 2010 – 31 Mei 2011
Eerste minister Helen Zille
Voorafgegaan deur Ivan Meyer
Opgevolg deur Albert Fritz

Ampstermyn
21 Junie 2003 – 21 Mei 2014
Voorafgegaan deur Party gestig
Opgevolg deur Party saamgesmelt met die Demokratiese Alliansie

Ampstermyn
10 Mei 1994 – 10 September 2010

Persoonlike besonderhede
Gebore 17 Februarie 1951 (1951-02-17)
Beaufort-Wes, Kaapprovinsie, Suid-Afrika
Politieke party GOOD (sedert 2018)
Demokratiese Alliansie (2010–2018)
Onafhanklike Demokrate (2003–2010)
Pan Africanist Congress of Azania (1987–2003)
Eggenoot/-note Edwin de Lille (get. 1972)
Kind(ers) 2

Patricia de Lille (* 17 Februarie 1951 in Beaufort-Wes) was die leier van die Onafhanklike Demokrate (OD), 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat deur haar in 2003 gestig is. Sy was ook voorheen 'n lid van die Pan Africanist Congress (PAC). In 2011 word sy burgemeester van Kaapstad nadat sy by die Demokratiese Alliansie (DA) aangesluit het. Sy is op 8 Mei 2018 deur die DA herroep, maar die Wes-Kaapse Appèlhof het haar op 15 Mei 2018 opnuut aangestel.[1] Sy het egter haar bedanking en uittrede uit die Demokratiese Alliansie vir 31 Oktober 2018 aangekondig.[2] en is op 1 November 2018 deur Dan Plato opgevolg. Op 2 Desember 2018 het De Lille die vorming van die "GOOD" politieke party in Houghton Estate, 'n voorstad van Johannesburg, aangekondig.[3]. Op 29 Mei 2019 het pres. Cyril Ramaphosa haar by sy kabinet ingesluit as minister van openbare werke en infrastruktuur. Tydens 'n kabinetskommeling in Maart 2023 is sy deur president Cyril Ramaphosa as Minister van Toerisme aangestel.[4]

  1. Sowetan 15 05 2018
  2. "Dan Plato: Everything you need to know about Cape Town's next mayor" (in Engels). 18 September 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2019. Besoek op 31 Oktober 2018.
  3. De Lille: Good party's leadership to be elected after the 2019 polls. Besoek op 2018-12-03.
  4. Zyl, Corné van (6 Maart 2023). "Cabinet reshuffle: Here's EVERY change made by Ramaphosa". The South African (in Engels). Besoek op 7 Maart 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy