Peperwortel

Peperwortel
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. rusticana
Binomiale naam
Armoracia rusticana
Stukke wortel van die peperwortelplant
Blaredrag van die peperwortelplant – soortgelyk aan alle koolplante

Peperwortel (Armoracia Rusticana, sinoniem Cochlearia Armoracia) is 'n meerjarige plant in die Brassicaceae familie (wat ook mosterd, wasabi, broccoli en kool insluit). Die plant is waarskynlik inheems aan Suidoos-Europa en Wes-Asië en groei veral op rivieroewers. Die plant het verder versprei oor Europa, Amerika, Japan en Nieu-Seeland, deur die aanplanting as tuinplant, en is nou vollop oor die hele wêreld. Dit groei tot 1.5 meter (4.9 voet) hoog, en word hoofsaaklik gekweek vir sy groot, wit, tapse wortel.

Die wortel van 'n heel peperwortel het 'n swak aroma. Maar nadat dit gesny of gerasper is, word daar ensieme uit die gebreekte plantselle vrygestel wat sinigrien ('n glukosinolaat) afbreek na alliel-isotiosianaat (mostertolie), wat die slymvliese van die sinusse en oë erg irriteer. Gerasperde peperwortel moet onmiddellik gebruik word, of in asyn bewaar word om die smaak te behou. Sodra dit aan lug of hitte blootgestel word, begin dit sy skerpheid verloor, verdonker van kleur, en proe onaangenaam bitter met verloop van tyd.

Duitse wors bedien met rogbrood, peperwortel en mostertsous

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy