Pioneer 11

Pioneer 11
'n Kunstenaarsvoorstelling van Pioneer 11
'n Kunstenaarsvoorstelling van Pioneer 11
Gelanseer deur Nasa
Tipe sending Verkenning van asteroïdegordel
Lanseerdatum 6 April 1973
Lanseerplek Kaap Canaveral-ruimtestasie
Lanseerplatform 36A
Vuurpyl Atlas-Centaur-vuurpyl met 'n
Star 37E-aandrywingsmodule.
Laaste kontak 30 September 1995
Duur van sending 22 jaar 6 maande
Jupiter-verbyvlug
(arriveer 1974-12-03)
Saturnus-verbyvlug
(arriveer 1979-09-01)
Massa 260 kg
Krag 155 watt (tydens lansering)
Webtuiste Pioneer Project webtuiste (geargiveer)
NASA-argiefbladsy

Pioneer 11 (ook bekend as Pioneer G) is 'n onbemande ruimtetuig van 260 kg wat op 6 April 1973 deur NASA gelanseer is om die asteroïdegordel, die omgewing om Jupiter en Saturnus, sonwind en kosmiese strale te ondersoek.[1] Die ruimtetuig is deel van die Pioneer-program. Dit was die eerste ruimtetuig wat Saturnus verken het en die tweede wat deur die asteroïdegordel gevlieg en Jupiter verken het.

Hierna het Pioneer 11 slegs die tweede van vyf kunsmatige voorwerpe geword wat 'n voldoende spoed bereik het om uit die sonnestelsel te ontsnap. Die laaste amptelike roetinekommunikasie met die ruimtetuig was op 30 September 1995 en die laaste bruikbare ingenieursdata is op 24 November 1995 ontvang. Die rede hiervoor is dat die ruimtetuig kragbeperkings het en die afstand van die Aarde af net te groot geraak het.[nota 1][2][3]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PionOdys
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2011. Besoek op 4 Oktober 2020.
  3. "Pioneer 11: In Depth". Besoek op 10 Desember 2017.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy