Platagtsilinder

'n Platagt of horisontaal-teenoorstaande agtsilinder is 'n binnebrandenjin in 'n plat opset, met 8 silinders.

Jabiru 5100 platagt-vliegtuigenjin

'n Bekende enjin van hierdie tipe is die Porsche lugverkoelde plat-8 enjin. Dit was ingestel as 'n 1,5-liter-enjin vir Formule Een, en het gegroei tot 'n 3-liter-weergawe wat gebruik is in die Porsche 908.

Continental en Lycoming het beide plat-8 vliegtuigenjins geproduseer. Die Lycoming IO-720 en Continental IO-720 reeks van enjins was vir 'n paar dekades in produksie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy