Plataleinae

Lepelaars
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Plataleinae
Genera
Platalea

Lepelaars (Plataleinae) is 'n subfamilie van voëls wat aan die familie van ibisse en lepelaars (Threskiornithidae) behoort. Slegs een genus Platalea hoort tot die subfamilie. Lepelaars is betreklike groot waadvoëls met lang pote en lang snawels wat in ʼn spatelvormige punt eindig. Van die ses spesies van die subfamilie, wat wêreldwyd in warm dele aangetref word, kom een, Platalea alba, in Suider-Afrika by binnelandse damme en riviere voor.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy