Plattweesilinder

Voorstelling van die beweging van 'n plattweelingbokser
'n 1967 BMW R50/2 plattwee-enjin met sy krukas in die lengte gemonteer. Die silinders is verspringend geplaas.
1942 Harley-Davidson XA plattwee-enjin
Bristol Gérub II geïnstalleer in 'n vliegtuig

'n Plattwee is 'n tweesilinder binnebrandenjin met die silinders aan die teenoorstaande kante van die krukas geplaas. Die plattweelingenjin word reeds vir langer as 'n eeu in motorfietse gebruik, so ook in motors, ligte vliegtuie, stilstaande kragopwekkers en huishoudelike toestelle. In 'n spesifikasie, grafiek of wanneer 'n afkorting gebruik word, word 'n plattweesilinderenjin gelys as H2.

Vroëre plattweelingmotorfietse se enjins was met die silinders in lyn met die raam gemonteer. Dit het gelei tot ongelyke verkoeling van die silinders en die motorfiets moes daarom 'n lang asafstand hê. Latere plattweelingmotorfietse se enjins is gemonteer met hul silinders oor die raam vir beter verkoeling en ook 'n korter asafstand. Nadele van hierdie uitleg sluit in wringkragreaksie by die motorfiets in skerp draaie; dit het die potensiaal vir skade aan die silinderkoppe.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy