Platviersilinder

Die Volkswagen Beetle-enjin, 'n beproefde platviermotorenjin
'n Platvier vliegtuigenjin

'n Platvier of horisontaal-oorstaandevier (H4) is 'n tipe viersilinderenjin, 'n plat enjin met vier silinders horisontaal in twee banke van twee silinders aan elke kant van 'n sentrale krukas.

Aangesien die pare suiers teen 'n hoek van 180° met mekaar geplaas is, word dit soms na verwys as 'n bokservier-enjin. In 'n spesifikasie, grafiek of wanneer 'n afkorting gebruik word, word 'n platviersilinderenjin gelys as H4.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy