Poolse korridor

Die Poolse korridor in 1923–1939

Die Poolse korridor is die toegang tot die Oossee wat Pole in 1919 kragtens die Verdrag van Versailles na die Eerste Wêreldoorlog ontvang het. In hierdie korridor het die Pole die vissersdorp Gdynia (Duits: Gdingen) ontwikkel tot 'n hawestad wat met Danzig kon meeding. Pole het beswaar gemaak teen die naam korridor, aangesien dit beskou is as 'n gebied wat 'n integrale deel van Pole was wat in 1772 verkeerdelik aan Duitsland, altans Pruise, toegeken is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy