Portugese Grand Prix

Die Portugese Grand Prix (Grande Premio de Portugal) is 'n Formule Een-kampioenskapswedren wat voorheen by die Autódromo do Estoril in Portugal gehou is. Die 2020 Formule Een Portugese Grand Prix is egter op die Algarve-renbaan op 25 Oktober 2020 gehou, na 'n F1-kalenderverandering weens die Koronavirus epidemie van 2020.

Die Portugese Grand Prix was 'n motorsportgeleentheid vir 'n paar jaar, meestal in die 1950's en weer in die 1980's en 90's. Dit was ook 'n Formule Een-wedren tussen 1958 en 1960 en tussen 1984 en 1996.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy