Postuum

Postuum (Latyn: "postumus") beteken "na die dood", "na iemand se dood". Die woord word meestal gebruik om die werk van 'n skrywer, wat na sy dood gepubliseer is, te beskryf. Dit kan ook gebruik word om 'n eer wat iemand na sy dood te beurt val te beskryf.

Postuum is afgelei van die Latynse woord postumus, oortreffende trap van post ("na"), wat onder meer "seun gebore na die dood van die vader" beteken.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy