Pous Gregorius XVI

Pous Gregorius XVI
Geboortenaam Bartolomeo Alberto Cappellari
Pontifikaat begin 2 Februarie 1831
Pontifikaat eindig 1 Junie 1846
Voorganger Pius VIII
Opvolger Pius IX
Gebore 18 September 1765
Belluno, Republiek Venesië
Sterf 1 Junie 1846
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Gregorius

Gregorius XVI was die 254ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 15 jaar, 3 maande en 30 dae, van 1831 tot 1846. Hy was konserwatief en tradisievas. Hy het demokratiese hervormings in die Kerklike Staat en die res van Europa probeer verhinder omdat hy gedink het demokrasie bevorder linkse revolusionisme. Hy poog om die politieke en kerklike mag van die pous uit te brei. Gregorius was die laaste pous wat verkies is wat nie 'n biskop was nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy