Prestasieverbetering

Prestasieverbetering is 'n konsep wat dui op die meting van 'n spesifieke proses se uitsette ten einde die effektiwiteit van die proses te verbeter. Prestasieverbetering kan toegepas word op die prestasie van prosesse (bv. vervaardigingsprosesse), individue (bv. atlete), spanne (bv. sportspanne, besigheidspanne) of organisasies (bv. ondernemings, nywerhede).

Met betrekking tot besigheidsontwikkeling, dui prestasieverbetering op die besigheidsverandering wat te weë gebring word as die bestuur van 'n onderneming die huidige prestasie meet en dan stappe doen om die prestasievlakke van die onderneming te verbeter ten einde hoër uitsette, laer koste en beter effektiwiteit te bereik. Bestuurstappe wat geneem kan word sluit die volgende in: sosiale- en kultuurveranderings, infrastruktuurveranderings asook ekonomiese- en finansiële veranderings.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy