Pritzker-prys

 Pritzker-prys vir argitektuur 

Toegeken vir Beduidende bydrae tot die argitektoniese kuns en die menslike kultuur
Borg Hyatt-stigting
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Eerste toekenning 1979
Webtuiste pritzkerprize.com

Die Pritzker-prys vir argitektuur (Engels: Pritzker Architecture Prize) is die mees prestigieuse toekenning op die gebied van argitektuur en word deur die Amerikaanse Hyatt-stigting jaarliks aan 'n lewende argitek (of meerdere argitekte) toegeken wat met sy werk 'n beduidende bydrae tot die argitektoniese kuns en die menslike kultuur gelewer het.[1]

Die prys is in 1979 deur Jay A. Pritzker (1922–1999), die stigter van die Hyatt-hotelgroep, en sy vrou Cindy in die lewe geroep en is ná sy afsterwe deur die Hyatt-stigting toegeken. Die toekenning geniet in die argitektuur dieselfde internasionale erkenning soos die Nobelprys op die gebied van die letterkunde, ekonomie en natuurwetenskappe en vestig die publiek se aandag op argitektuur as 'n belangrike kunsvorm wat 'n groot invloed op die maatskappy uitoefen.

Naas 'n argitek se bydrae tot die internasionale boukuns word ook die vernuwende gehalte en finesse van sy argitektoniese gedagte by die uitvoering van sy werk as 'n kriterium vir die prystoekenning in ag geneem. Daarnaas speel ook die manier waarop moderne boutegnologie by die werk ingespan is 'n belangrike rol.

Die wenner ontvang 'n prysgeld van VSA-$ 100 000 en 'n bronsmedalje, maar trek veral voordeel uit die internasionale erkenning as 'n meester-argitek en die belangstelling van bouontwikkelaars in sy vaardighede wat uit die prystoekenning voortspruit.

  1. (en) Arch Daily, 3 Maart 2019: Who has won the Pritzker Prize? Besoek op 8 Mei 2019

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy