Protoster

’n Kunstenaar se voorstelling van ’n protoster.

’n Protoster is ’n ster in wording. Sterevolusie begin met die swaartekraginstorting van ’n reusagtige molekulêre wolk. Wanneer so ’n instorting eers begin, kan dit nie gekeer word nie. Tipiese reusagtige molekulêre wolke is rofweg 100 ligjare in deursnee en bevat tot 6 miljoen sonmassas.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy