Pseudoknoop

Hierdie voorbeeld van 'n natuurlike pseudoknoop kom in die RNA komponent van die menslike telomerase voor.[1]
Driedimensionele struktuur van 'n pseudoknoop van 'n menslike telomerase-RNS. (A) stokke (B) ruggraatmodel. Die pdb-lêer is gebaseer op PDB: 1YMO.

'n Pseudoknoop is 'n sekondêre struktuur van nukleïnsure waar ten minste twee stamlusstrukture voorkom, en waar die helfte van die een stam tussen die twee helftes van 'n ander stam geïnterkaleer is. Die pseudoknoop is in 1982 vir die eerste keer waargeneem in die raap-geelmosaïekvirus.[2] Pseudoknope vou hulself in knoopvormige driedimensionele konformasies op, maar is nie ware topologiese knope nie.

  1. Chen JL, Greider CW. (2005). "Functional analysis of the pseudoknot structure in human telomerase RNA". Proc Natl Acad Sci USA 102(23): 8080–5.
  2. "Pseudoknots: RNA structures with diverse functions". PLoS Biol. 3 (6): e213. Junie 2005. doi:10.1371/journal.pbio.0030213. Besoek op 15 Julie 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy