Pubiese hare

Pubiese hare by ’n man en ’n vrou.

Pubiese hare of skaamhare is growwe liggaamshare wat in die genitale streek van tieners en volwasse mense voorkom. Dit word op en om die geslagsdele aangetref, en soms aan die boonste deel van die binnebobene. Dit groei ook aan die manlike skrotum en die vroulike vulva.

Hoewel fyn vellushare by kinders teenwoordig is, word pubiese hare beskou as die dikker, growwer en langer hare wat tydens puberteit ontwikkel as gevolg van die hoër vlakke van androgene in mans en estrogene in vroue. In baie kulture word pubiese hare as eroties beskou. In sommige kulture is die norm dat die hare verwyder word, veral by vroue, en word die praktyk as deel van persoonlike higiëne beskou. In ander kulture kan die vertoon van pubiese hare, soos wanneer ’n swemkostuum gedra word, as onesteties of embarrasserend beskou word en word die hare korter geknip om te voorkom dat dit sigbaar is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy