Quebecstad-Windsor-korridor

Die Quebecstad-Windsor-korridor. Distrikte, wat in rooi verskyn, lê in die korridor, terwyl die aangrensende groen distrikte weens hulle ekonomiese bande by die korridor gereken word

Die Quebecstad-Windsor-korridor, wat oor 'n afstand van 1 150 kilometer strek, is die mees digbevolkte en hoogs geïndustrialiseerde gebied in Kanada. Met meer as 16 miljoen inwoners behels hierdie geografiese korridor die helfte van die Kanadese bevolking en drie van die vier grootste stede in die land. 'n Groot aantal aangrensende stedelike gebiede mag vanweë hulle sterk bande met die Quebecstad-Windsor-korridor by hierdie streek gereken word, waaronder Sherbrooke, Quebec; Buffalo, New York en Detroit, Michigan. Met hierdie gebiede het die korridor 'n totale bevolking van meer as 25 miljoen mense. Met sy groot belangrikheid vir die land se ekonomiese en politieke infrastruktuur, toon die korridor baie ooreenkomste met die gebied langs die Noordoos-korridor in die Verenigde State.

Die naam is afgelei van die stede aan weerskante van die korridor en is oorspronklik deur die spoorwegmaatskappy VIA Rail gewild gemaak, wat hier 'n groot aantal daaglikse passasierstreine laat loop. VIA Rail verwys na die gebied dikwels as "The Corridor". Net soos in die geval van die Amerikaanse Noordoos-korridor is die term uitgebrei om ook na die geografie en demografie van die gebied te verwys, waardeur die korridor loop.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy