Quentin Meillassoux | |
Gebore | 1967 Parys |
---|---|
Vakgebied | Materialisme, Filosofie van wiskunde |
Alma mater | École Normale Supérieure |
Bekend vir | Spekulatiewe materialisme, korrelasie, feitelikheid, feiteloosheid, voorvaderlikheid[1] |
Beïnvloed deur | Aristoteles, Baruch Spinoza, Alain Badiou, Henri Bergson, Gilles Deleuze, David Hume, Stéphane Mallarmé, Martin Heidegger |
Invloed op | Ray Brassier, Tristan Garcia |
Quentin Meillassoux (Parys, 1967[2]) is 'n Franse filosoof. Hy onderrig tans by die École Normale Supérieure en is die seun van die antropoloog Claude Meillassoux. Hy is die hoofvoorstander van die spekulatiewe realisme.