Reds (Superrugbyspan)

Queensland Reds
Embleem Koala
Stigting 1996
Unie Queensland Rugbyunie
Ligging Brisbane
Streek Queensland
Stadion Suncorpstadion
Kapasiteit 52 500
Afrigter(s) Richard Graham
Kaptein(s) James Slipper
Liga(s) Superrugby
2018 13de
Tuiskleure


Weg kleure

Statistiek
Meeste wedstryde 148 Sean Hardman
Meeste punte 638 Quade Cooper
Eerste wedstryd
Otago Highlanders 57 – 17 Queensland Reds
(3 Maart 1996)
Grootste oorwinning
Reds 53 – 3 Rebels
(18 Maart 2011) 50
Grootste nederlaag
Bulls 92 – 3 Queensland Reds
(5 Mei 2007) 89
Unie webwerf
www.redsrugby.com.au

Die Queensland Reds is ’n Australiese rugbyspan wat as ’n konsessie aan die Superrugbykompetisie deelneem sedert 1996. Voor 1996 was hulle ’n verteenwoordigende span was op meriete gekies is uit klubs wat in Queensland in kompetisies meegeding het. Met die bekendstelling van die professionele Super 12-kompetisie is beweeg na ’n model waar spelers gekontrakteer is deur die Queensland Rugbyunie, eerder as wat hulle gekies is van klubs af.

Van 1996 tot 2005 was die Reds een van drie Australiese spanne wat in die Super 12 meegeding het saam met die Waratahs en die Brumbies. Queensland het nooit die eindronde van die Super 12 gehaal nie. Sedert 2006 het hulle in die uitgebreide Super 14 meegeding as een van vier Australiese spanne.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy