Ribbekas

Ribbekas
Inligting en eksterne bronne
Die menslike ribbekas. (Bron: Gray's Anatomy of the Human Body, 20ste uitg., 1918.)
Die menslike ribbekas.
(Bron:
Gray's Anatomy of the Human Body, 20ste uitg., 1918.)
Afbeelding op die ribbekas van die hart, longe en middelrif. Die grys dele dui die pleurale openinge aan wat nie deur die longe beslaan word nie.
Afbeelding op die ribbekas van die hart, longe en middelrif. Die grys dele dui die pleurale openinge aan wat nie deur die longe beslaan word nie.
Inligting
Latyn cavea thoracis
Ligging Bors
Werking Beskerm organe soos die hart en longe
Help met asemhaling
Bied vashegplek vir spiere
Eksterne bronne
MeSH D000070602
FMA 7480

Die ribbekas is die rangskikking van die ribbes (of ribbe; enkelvoud: rib), wat in die bors van die meeste Gewerweldes aan die werwelkolom en borsbeen geheg is. Dit omsluit en beskerm die hart en longe. In mense is die ribbekas ’n beenagtige en kraakbeenagtige struktuur wat die borsholte omring en die skouergordel ondersteun; so vorm dit die kerndeel van die menslike skelet. ’n Tipiese menslike ribbekas bestaan uit 24 ribbes in 12 pare, die borsbeen en ensiforme kraakbeen, die ribkraakbeen en die 12 borswerwels.

Saam met die vel en verwante bande en spiere vorm die ribbekas die borswand en verskaf dit vashegplek vir die spiere van die nek, keel, boonste abdomen en rug. Die ribbekas speel ook ’n belangrike rol in die asemhalingstelsel.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy