Riebeek-Oos

Riebeek-Oos

(Riebeek East)
Dorpie
Riebeek-Oos is in Oos-Kaap
Riebeek-Oos
Riebeek-Oos
Koördinate: 33°12′0″S 26°9′0″O / 33.20000°S 26.15000°O / -33.20000; 26.15000
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistriksmunisipaliteitSarah Baartman
Plaaslike MunisipaliteitMakana
Oppervlak
 • Totaal22,46 km2 (8,67 vk. myl)
Hoogte
616 m (2 024 ft)
Bevolking
 • Totaal753
 • Digtheid34/km2 (90/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
5805
'n Wit en swart detail van 'n skildery van die dorpie Riebeek-Oos omstreeks 1865.
Jan van Riebeeck uit die skildery De Stichter deur E.C. Godée Molsbergen.

Riebeek-Oos (Engels: Riebeek East) is 'n dorpie in die geskiedkundige landdrosdistrik Albanie (vroeër die Zuurveld) in die provinsie Oos-Kaap van Suid-Afrika.

Die Hop-buurt lê langs die pad wat die dorp uit Somerset-Oos se rigting binnekom.

Die nedersetting is 39 km noordwes van Grahamstad geleë en in 1842 op Voortrekkerleier Piet Retief se plaas Mooimeisjesfontein aangelê. Dit is genoem na kommandeur Jan van Riebeeck. Later is die uitgang "-Oos" bygevoeg om dit van die Wes-Kaapse dorpie Riebeek-Wes te onderskei. [2]

Jacob Cuyler, landdros van Uitenhage, het die naam "Albany" in 1812 aan die distrik gegee ter ere van sy vader, burgemeester van die stad Albany in die Amerikaanse deelstaat New York. Die NG gemeente Albanie, wat in 1831 hier gestig is, se benaming is 'n verafrikaansing van dié naam.

  1. Hoofplek Riebeek-Oos Sensus 2011
  2. Raper, R.E. (1987). "Dictionary of Southern African Place Names". Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. p. 383. Besoek op 4 Desember 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy