Rio Negro - Río Negro | |
---|---|
Die Rio Negro in Manaus, Amazonas, Brasilië. | |
Die stroomgebied van die Rio Negro. | |
Oorsprong | saamvloei van Branco en Vaupés (Colombia) |
Monding | naby Manaus in die Amasonerivier, Amazonas, Brasilië |
Stroomgebied | Colombia, Venezuela en Brasilië (Roraima en Amazonas) |
Lengte | 2 250 km (1 400 myl)[1] |
Gemiddelde afloop | 28 000 m³/s (988 800 ft³/s)[2] |
Stroomgebiedopp. | 691 000 km² (267 000 myl²) |
Die Rio Negro (Portugees: [ˈʁi.u nɛɡɾu]; Spaans: Río Negro [ˈri.o ˈneɣɾo], letterlik "Swart-rivier") is een van die grootste sytakke van die Amasonerivier in Suid-Amerika en volgens afloop die tweede grootste sytak van die wêreld na die Rio Madeira. Die rivier, met 'n lengte van 2 250 km, vloei deur Colombia, Venezuela en die Brasiliaanse deelstate Roraima en Amazonas.
Die rivier ontstaan deur die saamvloei van die Branco en Vaupés in die ooste van Colombia net wes van die grens met Brasilië. Die Rio Negro vloei in suidoostelike rigting deur die Amasone-bekken in die weste van Brasilië, waar die dit net oos van Manaus in die Amasonerivier uitmond. Die grootste stad, wat aan die rivier geleë is, is Manaus, die hoofstad van die Brasiliaanse deelstaat Amazonas.
Die rivier word in Portugees Rio Negro [ˈʁi.u neɡɾu] en Spaans Río Negro [ˈri.o ˈneɣɾo] " Swartrivier") genoem. In die boonste deel van die rivier staan dit as Guainía bekend. Dit is die grootste swartwater rivier in die wêreld, en een van die wêreld se tien grootste riviere volgens gemiddelde afvoer.