Roald Amundsen

Roald Amundsen
Amundsen in 1912
Gebore
Roald Engelbregt Gravning Amundsen

16 Julie 1872
Sterfc. 18 Junie 1928

Roald Engelbregt Gravning Amundsen [ˈɾuːɑl ˈɑmʉnsən] (* 16 Julie 1872 op die plaas Tomta in Borge in Østfold, † 1928) was 'n Noorse ontdekkingsreisiger van die poolgebiede. Hy was die leier van die eerste Antarktiese ekspedisie tussen 1910 en 1912 wat die Suidpool bereik het en was die eerste persoon wat sy voete op die Noord- en Suidpool gesit het.[1][2] Hy was ook die eerste persoon wat deur die Noordwestelike Deurvaart gereis het. Hy het in Junie 1928 verdwyn terwyl hy op 'n reddingsending was. Amundsen, tesame met Douglas Mawson, Robert Falcon Scott en Ernest Shackleton was 'n sleutelfiguur en leier gedurende die Heroïese Era van Antarktiese Ontdekking

Saam met sy kollega Fridtjof Nansen was hy een van die nasionale helde van die vrye Noorweë in die jare ná die onafhanklikwording in 1905. Amundsen was die eerste mens wat sowel die Suid- asook die Noordpool bereik het. Hy het deur die Noordwestelike Deurvaart geseil en was een van die eerstes wat vir sy poolreise gebruik van 'n lugskip gemaak het. In Junie 1928 het hy gedurende 'n reddingsaksie spoorloos verdwyn nadat sy vliegtuig naby Bjørnøya (die Bere-eiland) in Svalbard verongeluk het.

  1. (en) "Roald Amundsen en die 1925 Noordpoolekspedisie". Historynet.com. Besoek op 11 Maart 2010.
  2. "Roald Amundsen" (in Engels). PBS.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2016. Besoek op 11 Maart 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy