Roger Scruton | |
---|---|
Roger Scruton in 2015 in Praag | |
Gebore | 27 Februarie 1944 Buslingthorpe, Lincolnshire, Engeland |
Sterf | 12 Januarie 2020 (op 75)[1] |
Beroep | Filosoof, skrywer |
Televisie | Why Beauty Matters (BBC Two, 2009) |
Eggenoot |
|
Kinders | Twee |
Noemenswaardige werke |
|
Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)
Sir Roger Vernon Scruton (Engelse uitspraak: ˈ|s|k|r|uː|t|ən}}; gebore op 27 Februarie 1944; sterf op 12 Januarie 2020) was 'n Engelse konserwatiewe filosoof en skrywer wat gespesialiseer het in estetika en politiese filosofie, veral ter bevordering van tradisioneel-konserwatiewe beskouinge.[2][3]
Hy was vanaf 1982 tot 2001 die redakteur van The Salisbury Review, te wete 'n konserwatiewe politiese joernaal. Scruton het meer as vyftig boeke oor filosofie, kuns, musiek, politiek, letterkunde, kultuur, seksualiteit, en godsdiens geskryf. Hy het ook romans en twee operas geskryf. Sy mees noemenswaardige publikasies sluit The Meaning of Conservatism (1980), Sexual Desire (1986), The Aesthetics of Music (1997), en How to Be a Conservative (2014) in. Hy was 'n gereelde bydraer tot die populêre media, insluitende The Times, The Spectator, en die New Statesman.
Scruton het konserwatisme omarm nadat hy getuie was tot die studente opstande in Mei 1968 in Frankryk. Hy was vanaf 1971 tot 1992 'n lektor en professor van estetika by die Universiteit van Londen se Birkbeck-kollege, waarna hy verskeie deeltydse akademiese poste beklee het, insluitende in die Verenigde State.[4] In die 1980's het hy bygedra daartoe om die Jan Hus Opvoedkundige Stigting in die Sowjet-beheerde Oos-Europa op die been te bring, waarvoor hy die Tsjeggiese Republiek se Medalje van Verdienstelikheid (Eerste klas) in 1998 ontvang het, wat deur President Václav Havel toegeken is.[5] Scruton is in 2016 tot ridder geslaan vir "dienste aan filosofie, onderwys en openbare opvoeding".[6] Baie prysenswaardig is sy dokumentêre program Why Beauty Matters wat in 2009 op BBC Two uitgesend is. Hy was bekend om sy behoudende filosofiese gedagtes, sy andersdenkende houding, en sy strewe om linkse retoriek, en die idee dat ideologieë soos sosialisme die morele hoë grond betrek, uit te daag en 'n nekslag toe te dien. Sy behoudende gedagtes sal beslis voortleef.[7]
{{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)
{{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)
{{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)
Verwysingfout: <ref>
tags exist for a group named "lower-alpha", but no corresponding <references group="lower-alpha"/>
tag was found