Rolstoelresies

Die Brasiliaanse atleet Wendel Silva Soares in die 400 m rolstoelresies tydens die Parapan Amerikaanse Spele 2007

Rolstoelresies is 'n sport vir gestremde atlete waar rolstoele vir baan- en padwedlope ingespan word.

Rolstoelresies is oop vir atlete met enige kwalifiserende tipe gestremdheid: geamputeerde ledemate, rugmurgbeserings, serebrale gestremdheid en swaksiendheid (gekombineer met 'n ander gestremdheid). Atlete word in ooreenstemming met die aard en erns van hul gestremdheid of kombinasie van gestremdhede geklassifiseer. Die belangrikste kompetisies is die Paralimpiese Spele wat sedert 1960 vir rolstoelatlete voorsiening maak.

Soos naellope, word Rolstoel-wedrenne op 'n baan of as 'n padwedloop beoefen. Die atlete kompeteer in gespesialiseerde rolstoele wat 'n spoed van 30 km/h of meer kan bereik.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy