Rooikat

Rooikat
'n Rooikat (Caracal caracal) lê in 'n hangmat in die Dieretuin van San Diego.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Gray, 1843
Spesie:
Caracal caracal
Binomiale naam
Caracal caracal
(Schreber, 1776)
Tipespesie
Caracal melanotis
Gray, 1843 (= Felis caracal Schreber, 1776) deur monotypy
Verspreiding van rooikatte
Sinonieme
Felis caracal
(Linnaeus, 1758)

Die Rooikat (Caracal caracal) is 'n soogdier en 'n karnivoor en lid van die katfamilie (Felidae - Felinae). Daar is 36 wildekatspesies in die wêreld. Daar is drie hoofgroepe in die katfamilie: die groot katte (Panthera), die jagluiperd (Acinonyx) en die klein katte (Felis). Die rooikat is lid van die felis-groep.

Verwarring bestaan oor die naam van die rooikat weens verwarring met ander katte soos die los (Engels: lynx) en die Bobcat omdat die rooikat ook al bekend gestaan het as die Lynx caracal. Die rooikat deel 'n paar unieke eienskap met die los. Hulle het albei 30 tande waar die meeste katte 28 tande het. Die rooikat is nader verwant aan die Felis Serval (tierboskat) as aan die Felis Lynx of die Felis Rufus (die Engelse "Bobcat", ook bekend as die rooilos).

  1. Breitenmoser, C., Henschel, P. & Sogbohossou, E. (2008). Caracal caracal. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 18 Januarie 2009.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy