Rotskuns

Aftekeninge van rotskuns op die oewer van die Vaal oorkant Kerrys.
Rotse van die Benede Mnweni.

Rotskuns is 'n argeologiese term wat verwys na mensgemaakte tekeninge op rotse in die natuur. Dit verwys in besonder na afbeeldings wat in die oertyd gemaak is. Hierdie kunswerke kom tipies in grotte en onder oorhange in bergagtige gebiede voor.

Die vroegste nie-figuratiewe rotskuns in Europa dateer terug tot ongeveer 40 000 jaar gelede en kan in die El Castillo-grot in Cantabria, Spanje gevind word. Die oudste figuratiewe rotskuns in Europa is ongeveer 30 000 tot 32 000 jaar oud en kom in die Chauvet-grot in Frankryk voor.

Die rotskuns in Afrika is gewoonlik uitbeeldings van diere of jagtonele. Die tekeninge is vol beweging en word op plekke waar rituele plaasgevind het gevind. Die figure is gestileerd en verteenwoordig lewende vorms. Menslike figure kom meer algemeen in die rotskuns van Afrika as in die van Europa voor.[1]

Rotskuns omvat alle skilderings en graverings wat mense op rotse in die natuur maak. Dit is só gemaak:

  • Graverings op rotse, deur die verweerde buitelaag te verwyder en 'n enkele lyn te gebruik, of die oppervlak te kras of te kap.
  1. Jaroff, Leon (2 Junie 1997). "Etched in Stone". Time. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2013. Besoek op 7 Oktober 2008.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy