SACS

South African College Schools (SACS)
Die SACS-hoërskoolwapen

Leuse Spectemur agendo
(Latyns vir: "Laat ons geoordeel word aan ons dade")
Gestig 1 Oktober 1829
Tipe Laer- en hoërskool
Hoof Kenneth Ball (Hoërskool)
François Nel (Laerskool)
Stigter Sir Galbraith Lowry Cole
Personeel 792 (Hoërskool)
796 (Laerskool)
Grade R-12
Adres Nuwelandlaan (Hoërskool)
Deanstraat (Laerskool)
Stad Nuweland, Kaapstad
Provinsie Wes-Kaap
Land Suid-Afrika
Kleure               
Koshuis(e) Baxter (Hoërskool), Rosedale, Russel, Shaw (Hoërskool)
Hofmeyr, Kipps, Lewis, van Holdt (Laerskool)
Webblad www.sacollege.org.za

Die South African College Schools (SACS) is ’n laer- en hoërskool in Nuweland, Kaapstad, wat onderrig deur medium van Engels aan 1 588 seuns van gr. R tot gr. 12 bied.

Die hoërskool roem hom daarop dat hy die oudste sekondêre skool in Suid-Afrika is,[1] hoewel Muir-kollege op Uitenhage daarop aanspraak maak dat hy sewe jaar ouer is.[2] SACS is een van net vier skole wat Cecil John Rhodes in sy testament uitgesonder het as ontvanger van een van die 10 Rhodes-beurse wat jaarliks aan matrikulante in Suider-Afrika toegeken word. Die ander drie is die Diocesan College (Bishops) in die aanliggende Rondebosch, Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch en St. Andrew-kollege in Grahamstad.[3] Die twee afsonderlike afdelings wat gesamentlik as SACS bekendstaan, is die South African College Junior School en die South African College High School. Hoewel die hoërskool se skoolgeld van R34 800 p.j. in 2016[4] en die laerskool s’n van R37 860[5] amper gelyk aan of selfs meer is as sommige privaatskole s’n,[6][7][8][9][10][11] is SACS al sedert Junie 1926 'n staatskool.[12]

Die vrouetydskrif Fairlady het SACS in 2015 in sy jaarlikse ondersoek na die 100 staatskole met die beste baccalaureus-slaagsyfer aangewys as een van die 25 beste staatshoërskole in die land. Nog vyf Engelsmedium-staatskole in Kaapstad se suidelike voorstede het dié lys gehaal: die Hoërskool Norman Henshilwood, Hoër Meisieskool Wynberg, Hoër Meisieskool Rustenburg, Hoër Seunskool Rondebosch en Hoërskool Westerford. Die enigste Afrikaansmediumskool in die Moederstad wat die lys kon haal, is die Hoërskool D.F. Malan in Bellville. Vyf Bolandse skole was ook onder die top-25.[13] SACS het tot 2015 die vierde meeste Springbokrugbyspelers van alle Suid-Afrikaanse skole opgelewer, naamlik 29, 19 minder as Paul Roos Gimnasium, die topskool, se 48.[14][15] In dieselfde jaar was SACS 12de op die landwye ranglys van rugbyskole.[16] In die matriek-eindeksamen van 2015 is die SACS-matrikulant Andrew Tucker as Suid-Afrika se toppresteerder aangewys ten spyte daarvan dat Guillain–Barré-sindroom by hom gediagnoseer is.[17]

  1. (en) Die geskiedenis van SACS weergegee op die hoërskool se webtuiste. URL besoek op 7 Mei 2016.
  2. (en) Die geskiedenis van Muir-kollege op sy webtuiste Geargiveer 12 Junie 2016 op Wayback Machine. URL besoek op 12 Mei 2016.
  3. (en) The Rhodes Scholarships for Southern Africa (including South Africa, Botswana, Lesotho, Malawi, Namibia and Swaziland) Geargiveer 20 Mei 2016 op Wayback Machine. URL besoek op 7 Mei 2016.
  4. (en) Besonderhede van SACS High School se skoolgeld vir 2016. URL besoek op 7 Mei 2016.
  5. (en) Besonderhede van SACS Junior School se skoolgeld vir 2016[dooie skakel]. URL besoek op 7 Mei 2016.
  6. (af) (en) Curro Langebaan se skoolgeld vir 2016. URL besoek op 7 Mei 2016
  7. (en) (af) Curro Mosselbaai se skoolgeld vir 2016. URL besoek op 7 Mei 2016.
  8. (de) Skoolgeld van die Deutsch Schule Durban vir 2016. URL besoek op 7 Mei 2016.
  9. (en) Skoolgeld van die Hatfield Christian School vir 2016. URL besoek op 7 Mei 2016.
  10. (af) Skoolgeld van die Gereformeerde Skool Dirk Postma vir 2016 Geargiveer 28 November 2015 op Wayback Machine. URL besoek op 7 Mei 2016.
  11. (en) Budget private schools reeling in black pupils, Times Live, 6 Augustus 2013. URL besoek op 7 Mei 2016.
  12. (en) Whiteford, R. in Peacock, M.A. 1972. Some famous South African Schools. Volume One. English-medium boys' high schools. Cape Town: Longman Southern Africa.
  13. (en) Out top 25 government high schools[dooie skakel]. URL besoek op 8 Mei 2016.
  14. (en) SA's top rugby schools Geargiveer 27 November 2015 op Wayback Machine. URL besoek op 8 Mei 2016.
  15. (en) Most Springboks rugby players produced by School Geargiveer 21 Junie 2013 op Wayback Machine. URL besoek op 12 Mei 2016.
  16. (en) Top 20 schools rankings (26 May). URL besoek op 8 Mei 2016.
  17. (en) WCape Class of 2015 top in country. URL besoek op 8 Mei 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy