Saadplant

Spermatophyta
Tydperk: Famennium–tans 380–0 m. jaar gelede
Pinus sylvestris, ’n lid van die Pinophyta.
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheophytes
Klade: Spermatophyta
Afdelings
Sinonieme
  • Phanerogamae
  • Phaenogamae

Die spermatofiete (klade Spermatophyta), ook bekend as fanerogamme (takson Phanerogamae) of fenogamme (takson Phaenogamae), bestaan uit plante wat sade produseer, vandaar die alternatiewe naam saadplante. Hulle is ’n onderafdeling van die embriofiete of landplante.

Die term "fanerogamme" is afgelei van die antieke Griekse φανερός phanerós ("sigbaar"), in teenstelling met die kriptogamme, van die Griekse κρυπτός kryptós ("saam versteek"). Dié terme onderskei die bedekbloeiende plante (kriptogamme, met versteekte seksorgane) van die sigbaar bloeiende plante (fanerogamme, met sigbare seksorgane).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy